The Two Little Pigs
Sep 4th, 2006 Posted in Blog Entries |This poem I wrote to be performed in Drama Class (which it was) and now I decided that i will make it available for all of you to criticize. Hope you enjoy. PS. This is also in Afrikaans.
Die Twee Varkies
Daar was eens ‘n vark
Met die naam Hinkeltark
Nou hy en sy broer
met die naam Hinkelsloer
het besluit om uit hul huis te verroer.
“Baai, mamma, baai!”
Sê Hinkel vir ma
Maar ma is net bly sy’s van hulle ontslae!
En daar gaan die twee om hul lewe te bou
Uit in die wêreld wat valse beloftes inhou
Nou Hinkelsloer, durf ek oordra
Was altyd bang om sy vinger te kraak
En jy sal vertsaan as jy eers weet
Wat gebeur het met ons broer, Hinkelkreet.
Ja, Hinkelkreet was ‘n goeie broer
Gladnie te bang om ‘n vinger te roer
Maar nadat sy toon gestamp het teen ‘n muur
Het toonnael infeksie hom tot sy einde geskuur
Nou sê my gou weer; waar was ons?
O ja! By Hinkelsloer wat in sy huisie rondslons.
“Soos jy kan sien, ek bou ‘n huisie van strooi
Moet nie stry nie, ek dink dit lyk mooi!
Wat is die kanse, as ek hier verkeer,
Dat die wolf sal kom om my te verteer”
So, noodloos om te sê, het wolf toe gekom
En geblaas en geblaas
(wat onnodige moeite of sy longe gaan plaas).
Hy wou nie luister na wat dokter sê:
“Hou op rook, meneer,
Anders val jy dood op die grond neer!”
Maar hy blaas en blaas en blaas
Tot die strooi huis omval op sy baas
Die wolf wat toe ‘n asma aanval kry
Kon nie die vark vang en al wou hy
Het hy gegaan na sy broer se plek
‘n Houthuis, “en volgens my, perfek!”
En daar is die twee in die broer se huis
“Wat, Hinkeltark, sou ons broer, Hinkelkreet
Gemaak het as ‘n wolf hom wou vreet!?”
Nou wolf het weer aan sy blaas begin werk
Maar sy asem is op; en die huis is nogal sterk!
En toe ewe skielik het die wolf onderneem
Dat hy vind dit moeilik om asem te neem
Hy probeer en probeer maar niks gebeur
En daar val hy toe dood op die grond neer
So dit het vir die broers ‘n les geleer:
Moet nie rook nie,
of DIT sal met jou gebeur

