The Goddess of Beauty

Sep 4th, 2006 Posted in Blog Entries |

This is an Afrikaans piece that I wrote for stage. it is very funny, if I may say so myself, and really doesn’t have any meaning. I suppose that if I were to elect a moral in this story, I suppose it would be: Beware of your ego.

Anyway, because it is a script, I put it in a table for easier reading.

NOTE: For those of you who cannot read the text because it cuts off, you may download the PDF here

Jean-Luke

Welkom, welkom! Vandag gaan ons vir julle ‘n storie improviseer. ‘n Storie van leuns en liefde. ‘n Storie van…wel…kyk maar self. Daar was eendag ‘n vrou.

ENTER PHOEBE. SY DRA ‘N PIENK HEMP, ONDER DIE PIENK DRA SY ‘N ROOI HEMP, EN ONDER DIT DRA SY ‘N SWART HEMP. SY LYK VROLIK MET ‘N REUSE GLIMLAG.

Jean-Luke

Die vrou het altyd pienk – nee! Rooi! NEE! SWART klere aangehad. Sy was gestraf deur die bose godin van…um…skoonheid. Sy was nie altyd die godin van skoonheid nie …maar nietemin, sy het haar gestaf.

ENTER GUENEVERE. SY DRA ‘N VERSKRIKLIKE FLAMBOJANTE ROK.

Jean-Luke

Hei! Vroumens (na Phoebe)! Lyk gestaf!

PHOEBE BEGIN DRAMATIES HUIL.

Jean-Luke

Maar hoekom is die arme ding gestraf, sal jy dalk vra. Wel, dit het so gebeur:

FLASHBACK:

Jean-Luke SIT OP ‘N STOEL IN DIE MIDDEL VAN DIE VERHOOG.

ENTER PHOEBE.

Phoebe

(BAIE DRAMATIES) O, Jean-Luke! My lelie! My kaneelstokkie! Ek soek al die hele wêreld vol na jou! (SY WYS DRAMATIES HOE SY GESOEK HET) En hier, in die middel van die amazone –

Jean-Luke

(HOES) Sahara (HOES)

Phoebe

- Sahara! Sien ek vir vir jou hoe jy vertoef in die bloedige hitte.

Jean-Luke

Ek is so lief vir jou!

Phoebe

Het jy nou-net jou ewige liefde aan my verklaar!!!

Jean-Luke

JA!

Phoebe

Ek is ook lief vir jou!

Jean-Luke

Wel, ek is nog meer lief vir jou!

Phoebe

O JEAN-LUKE!

Jean-Luke

O PHOEBE!

Phoebe

O JEAN-LUKE!

Jean-Luke

O PHOEBE!

GUENEVERE KOM AAN DIE KANT VAN DIE VERHOOG IN, EN SIEN DIE TWEE. JEAN-LUKE EN PHOEBE MOUTHE NOGSTEEDS VIR MEKAAR TERWYL GUENEVERE PRAAT.

Guenevere

NEE! Die beeldskone Jean-Luke het sy ewige liefde verklaar aan hierdie ding! Ek sal hom verlei van haar skoonheid. HOE DURF HY MY VERLAAT! Ek sal hom moet terug wen op een of ander manier. Lyk vir my, volgens wat ek sien, hou hy van die lelike tipe, so, as dit is wat hom WILD maak, sal ek maar moet uithaal en wys.

FOKUS TERUG OP JEAN-LUKE EN PHOEBE.

Phoebe

O JEAN-LUKE!

Jean-Luke

O PHOEBE!

ENTER GUENEVERE. SY IS VOOROORGEKROM EN LYK BAIE LELIK MET SWART DRAPSELS WAT OOR HAAR HANG.

Phoebe

O JEAN-LU (Sy sien vir Guenevere) – Wat is dit?

Guenevere

Ek is hier om die hart te steel van die Jean-Luke! Die god van … langafstandhardloop!

Jean-Luke

My liewe mens. Jou…um…beeldskone…oppervlakte is…baie…disturbing. Gaan kry plastic surgery! Gaan weg!

HY GOOI VIR GUENEVERE UIT.

HULLE BEGIN WEER.

Jean-Luke

Vertel my hoe mooi my oë is! Ek wil weer hoor.

Phoebe

Jou oë is mooier as te sterre van die nag wat oor die aarde skitter soos balletjies van vuur en vlam in die donker nag wat in alle ewigheid sal blink tot ‘n volkome hiernamaals van –

Jean-Luke

Dis te cliché! Jy kan oor niks oorspronklik dink nie! Toemaar, ons sal net nog ‘n wonderlike deel van my…anatomie…bewonder.

JEAN-LUKE EN PHOEBE PRAAT AAN (IN MUTE).

PHOEBE LYK HOOGS VERONTWAARDIG. ENTER GUENEVERE MET ‘N BAIE REVEALING OUTFIT.

Guenevere

Dit lyk vir my hy verkies die dom-blondine-met-‘n-ik-wat-begin-met-komma-maar-wat-groot-boobs-het look. Hy sal my nie NOU kan weestaan nie.

GUENEVERE KOM PRONKERIG AANGELOOP.

Jean-Luke

O PHOEBE!

Phoebe

O JEAN-LUKE!

Jean-Luke

Vertel my, Phoebe. Wat prikkel jou fantasië?

Phoebe

Net jy, my bruid—egom! Jy is die alpha en die omega! Die boom se wortel! Die piesang se skil! Die die selfoom se ringtone! Jy is so wonderlik! Ek is jou nie waardig nie!

Guenevere

(DOM BLOND MODE) Um, soos, ja, jy is nie! Soos in, kyk daai fingernaels! Dit lyk asof jy omgery was met ‘n bebotie-trok! En, oh girl! Jou bene lyk soos die amazone! En, plastic surgery never hurt anyone, you know!

Phoebe

Hoe durf jy!

Jean-Luke

Hei! Ons het nie jou wannabe cheerleader act nodig nie, hoor. Ek hou actually van intellektuele mense. Phoebe is so poeties en slim, net soos ek! Gaan weg!

JEAN-LUKE SKOP VIR GUENEVERE WEG.

Phoebe

O, Jean-Luke! Jy is so wonderlik! Jy maak my skoon WILD!

Jean-Luke

Ek weet. Vertel my tog meer.

MUTE VIR JEAN-LUKE EN PHOEBE, EN HIER KOM GUENEVERE, MET…INTELLECTUAL KLERE AAN.

Ingird

Wel, so hy soek nie iemand lelik nie, hy soek nie iemand mooi nie, dan moet dit iemand slim wees! As hy nie vir dit gaan nie, sal ek my naam verander na die godin van skoonheid!