Love between friends

Oct 9th, 2006 Posted in Blog Entries |

This poem I wrote in a particularly boring maths class. It is in Afrikaans, so chances are you won’t understand it.
Liefde tussen vriende

Onder die sterk, ou boom
sien ek
vir jou
hoe jy droom.

“Waaraan dink jy?”
hoor ek myself sê
So onder die boom
waaronder jy lê.

Blare van liefde
val bo-oor jou
in herfstye
soos ‘n kombers rondom jou.

Maar hoor die wind waai -
‘n koue geraas.
Die blare waai weg
maar
al gaan dit hőë sleg
Dit weet jy nou:
Dar is altyd nog blare
om jou
te omvou.