Granny Sarah

Oct 11th, 2006 Posted in Blog Entries |

This poem is in Afrikaans, so you will most likely not understand it.

Ouma Sarie

Daar vêr! Sy sluip soos ‘n muis
om te ontsnap
van die ouetehuis.

Die arme ouma
sy is nie meer wel
maar net die ander dag
het sy vir my vertel
van haar jong dae
in die ou
Suid-Afrika.

Sy sê: “My liewe kind van vandag
die wêreld is sekerlik nie soos wat dit was.
Julle lewe so maklik”
sal sy vir my sê

maar my kind van die tegnologie:
Deesdae laat baie om te wil hê.”

In die ou dae, my liewe dier
was papiervou vou ons kuns en plesier.
Maar dit is mos nie goed genoeg vir jou!
Jy benodig ‘n komper om jou
besig te hou.”

En Kerk - moet nie dat ek begin -
was (lekker en) heilig met die orrel wat sing.
Jou happy-clappy geraas
(ek voel sommer ontstug)
is genoeg om my arme gehoorstuk te vernietig!”

En dit is nie al. Kyk wat het jy aan!
Nie soos dit moet wees -
Konserwatief en betaam.”

Jou broek hang so laag -
dit val sommer af.
In die ou dae was dit nie
die orde van die dag.
Meisies was mooi
(maar smaakvol) geklee;
Seuns was nie eers toegelaat om naby te tree.”

En sommer so! Kyk daar!
So sommer in die openbaar!
Daardie twee eet mekaar skoon op!”
En daar skree sy toe:

Julle twee moet dadelik stop!
Waar is jou jou selfrespek, meisiekind,
om toe te laat dat hy jou vreet soos dit.”

Maar ja, dit kom tot ‘n end
En later staan sy penorent
en so, in die openbaar
sing sy die volkslied van die
ou
Suid-Afrika.